Volgens Conrad Schutte van Vinpro, die wyndruifprodusente-organisasie, het ongeveer 280 produsenteenhede deelgeneem aan hul jaarlikse produksieplan wat die stand van die bedryf bepaal. Daar word onder meer gekyk na insetkostes, arbeid, meganisasie en dag-tot-dag uitgawes. Hy brei hieroor uit.
Dan is planne vir ‘n nasionale brandgevaargraderingstelsel reeds bespreek. Rolspelers soos die SA Weerdiens, Departement Bosbou, Visserye en Omgewing en die WNNR werk saam om dié projek binne die volgende paar jaar te kan implimenteer. Ons gesels met Nico Kroese.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.