HomePodcastsRSG Landbou: 17 Julie 2025 - geborg deur Melk SA

RSG Landbou: 17 Julie 2025 – geborg deur Melk SA

In vanoggend se RSG Landbou is daar meer oor die volgende: Die vierde Overberg Agri Herkouersdag, die werk van die KVBA, landbouweernuus en vleispryse.

Agri Herkouersdag op 14 Augustus

Die vierde Overberg Agri Herkouersdag word vanjaar op 14 Augustus by die Roodebloem Proefplaas naby Caledon aangebied. Ons vind meer uit.

Wat is die rol van die KVBA?

Hoe kan werkgewers hulself voorberei vir ‘n KVBA-verhoor? Tiaan Botes van die LWO-werkgewersorganisasie gee raad.

Landbouweernuus en vleispryse

Dan is Johan van den Berg terug met ons weeklikse landbou-weernuus en Chris Derksen gesels oor vleispryse.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Melk SA.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...