RSG Landbou: 16 Oktober 2025 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou vertel dr Bobbie van der Westhuizen ons meer oor SA Stamboek se ICAR-sertifisering, ons gesels met die Santam Landbou/LRF Stoetteler van die Jaar, ons vind meer uit oor Au Albidus Brahman se veiling en ons kry die jongste vleispryse en landbouweervooruitsigte.

SA Stamboek ICAR-sertifisering

Die Suid-Afrikaanse Stamboek- en Diereverbeteringsvereniging, SA Stamboek, het geskiedenis gemaak toe dit verlede week die eerste organisasie in Afrika geword het om ICAR-sertifisering vir DNS-data-interpretasie te ontvang. Dr Bobbie van der Westhuizen vertel ons meer.

Santam Landbou/LRF Stoetteler van die Jaar

Die Lewendehawe Registrerende Federasie het tydens hul onlangse jaarlikse Veeskool, vir Koos Kooy van Oggendstond Simmentalers by Mooirivier in KwaZulu-Natal, as die Santam Landbou/LRF Stoetteler van die Jaar aangewys. Ons gesels met hom oor sy sukses.

Au Albidus Brahman hou veiling

Verder praat Willem Barnard van Au Albidus Brahman oor hul veiling wat op 25 Oktober by die Warmbad Veemark plaasvind.

Vleispryse en weer

Dan is daar soos oudergewoonte nuus oor vleispryse en landbouweervooruitsigte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Agri Wes-Kaap stel Jongboer van die Jaar 2026-kandidate bekend

Estimated reading time: 4 minutes Agri Wes-Kaap het vandeesweek die kandidate vir sy 2026 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig. Die organisasie het...

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026. This is underscored by the...

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the historic town of Middelburg in...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou ingaan. Die reën het egter...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...