In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n beesboer wat ook met papegaaie boer, Reno van Rooyen se Beefmaster-stoet, die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Wildlewebestuursvereniging en ons ontvang die nuutse wolmarkverslag.
Papegaai-boerdery
Het jy al gehoor van ‘n beesboer wat ook met papegaaie boer? Ellewee van Zyl en sy vrou, Ria, boer naby Upington met Santa Gertrudis-beeste en hulle het tydens ‘n droogte besluit om ’n papegaaiboerdery te begin. Ons luister na hulle storie.
Reno van Rooyen Beefmaster-stoet
Ons gesels ook met Reno van Rooyen oor hul Beefmaster-stoet, kommersiële kudde en voerkraal in die Kuruman-omgewing.
Suidelike Afrikaanse Natuurbestuursverening
Dan vind ons meer uit oor die werksaamhede van die Suidelike Afrikaanse Natuurbestuursverening. Dr Helet Lambrechts praat ook oor dié vereniging se konferensie wat vroeg in September aangebied sal word.
Nuutste wolmarkverslag
En Heinrich Victor is terug met die nuutste wolmarkverslag.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
