HomePodcastsRSG Landbou: 15 Januarie 2024 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 15 Januarie 2024 – geborg deur Plaas Media

Maandagmôresiekte by perde is ‘n metaboliese toestand wat spesifiek die spierweefsel van perde affekteer. Dr Delarey Ribbens beantwoord ‘n paar vrae hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Konsortium Merino bied op 26 Januarie hul 99ste veiling aan en ons gesels met Gawie van Heerden hieroor.

Dieregesondheid bly op die voorgrond in Suid-Afrika. Prof Leon Prozesky het tydens verlede jaar se LRF Veeskool verduidelik hoe om siekte-uitbrekings te hanteer. Ons hoor wat hy daaroor te sê het.

Ons sluit dan die program af met veilingsnuus.

Luister nou na dié interessante onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 4 September 2024 – geborg deur MSD

Die belang van omgewingsreg en -bestuur vergroot namate omgewingskwessies dringender raak. Hierdie onderwerp het onder bespreking gekom tydens Agbiz Grain se 8ste SHEQ-virtuele werksessie....