Friday, May 23, 2025

RSG Landbou: 3 September 2024 – geborg deur MSD

Beesbrusellose of aansteeklike misgeboorte word deur bakterieë veroorsaak. Die veesiekte is endemies tot Suid-Afrika en word deur die staat beheer. Dr Marinette Bothma van MSD Dieregesondheid gesels oor siektetekens en voorkoming.

Tydens vanjaar se Agri Wes-Kaap-kongres is lede van die SAPD en ander rolspelers vereer vir hul bydrae tot die bekamping van misdaad – ons vind meer hieroor uit.

Verder verskaf Johan Pretorius van die Mpumalanga/Gauteng Beefmasterklub besonderhede oor hul veiling van 11 September by The Bull Ring naby Davel.

Heinrich Victor vertel ons ook wat het by die afgelope wolveiling gebeur.

#RSGLandbou word dié week met trots deur MSD aan jou gebring.

MSD Animal Health is een van die wêreld se grootste dieregesondheidsmaatskappye. Die maatskappy is toegewyd aan die navorsing en ontwikkeling, produksie en bemarking van innoverende, hoë gehalte dieregesondheidsprodukte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

‘n Kopskuif onder skaakmat-toestande

Estimated reading time: 6 minutes Die Terblanche-manne kan getuig van die vrugte wat goeie besluitneming...

Effective facilities for economical sheep production

Estimated reading time: 3 minutes Economical sheep production depends on a number of basic requirements...

Ngunis and wheat: A winning combination

Estimated reading time: 7 minutes Exsteen Ngunis near Piketberg was named the Agricultural Research Council’s...

Use of wood in cheese ripening

Estimated reading time: 4 minutes In some countries the use of wooden vats or the...