Die belang van omgewingsreg en -bestuur vergroot namate omgewingskwessies dringender raak. Hierdie onderwerp het onder bespreking gekom tydens Agbiz Grain se 8ste SHEQ-virtuele werksessie. Lucinda van Rensburg van Implex brei hieroor uit.
Nampo Kaap is nog ‘n vertoonvenster vir lede van die landbouwaardeketting. André Olwagen van CASE IH en Daniël Dames van NMI, gesels met ons oor die waarde van so ‘n skou.
#RSGLandbou word dié week met trots deur MSD aan jou gebring.
MSD Animal Health is een van die wêreld se grootste dieregesondheidsmaatskappye. Die maatskappy is toegewyd aan die navorsing en ontwikkeling, produksie en bemarking van innoverende, hoë gehalte dieregesondheidsprodukte.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.