RSG Landbou: 15 April 2024 – geborg deur AGT Foods Africa

Ons fokus vanoggend op die Oos-Kaapse wildbedryf. Rolspelers van dié bedryf het onlangs in Bedford byeengekom om oor hul toekoms te gesels. Ons luister onder meer na die nuutverkose voorsitter van Wildbedryf Suid-Afrika, Colin Engelbrecht en Gerhard Heyneke, die voormalige voorsitter van WRSA.

Justin Gird van die Oos-Kaapse Wildbestuursvereniging, gesels ook oor die stigting van die Oos-Kaapse Bewarea-vereniging, wat produsente gaan help met natuurbewaring en bestuur.

Daarna brei Megan Maritz van Agri en RPO Oos-Kaap uit oor hulle belang by die wildbedryf.

En dan het ons vir John Hurter wat oor die waarde van die byeenkoms vir rolspelers van die Oos-Kaapse wildbedryf, gesels.

Oor minder as twee weke skop die jaarlikse Bloemskou af en Elmarie Prinsloo gesels oor die landbou-skouprogram.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AGT Foods Africa

AGT Foods Africa is a value-added pulse, staple food and ingredient processor for export and domestic markets. In South Africa AGT Foods represents the Retail, Hospitality, Spices, Ingredients, Popcorn, Bakery and Protein Divisions, which falls under the Retail Division and is sold through all major supermarkets in South Africa.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories