‘n Aantal beeste en skape wat bestem is vir uitvoer na die Midde-Ooste, is onlangs op die Al Messilah-skip in die Oos-Londonse hawe gelaai. Verteenwoordigers van verskeie belangegroepe was teenwoordig om te verseker daar aan bepaalde vereistes voldoen word. Ons luister na terugvoer hieroor.
Hierdie is ‘n goeie tyd van die jaar om vas te stel wat die aalwurmgetalle op jou lande behels. So sê prof Driekie Fourie van Syngenta Seedcare. Sy verduidelik hoe belangrik monsterneming is en die beste praktyke om ‘n monster reg te neem.
En dan brei prof Frikkie Maré, die hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Rooivleis Produsente Organisasie (RPO), uit oor die ekonomiese waarde van die uitvoere van lewende vee.
Heinrich Victor is ook op sy pos met die wolmarkverslag.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AGT Foods Africa
AGT Foods Africa is a value-added pulse, staple food and ingredient processor for export and domestic markets. In South Africa AGT Foods represents the Retail, Hospitality, Spices, Ingredients, Popcorn, Bakery and Protein Divisions, which falls under the Retail Division and is sold through all major supermarkets in South Africa.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.