Die jaarlikse skou wat in September op Bredasdorp plaasvind, staan deesdae as Nampo Kaap bekend, maar dit het eintlik in 1994 as ‘n Suid-Kaap meganisasiedag begin. Ons gesels met een van die stigterslede, Christiaan Neethling oor die skou se beginjare. Henk Aggenbach, wat tans aan die stuur van Nampo Kaap staan, deel ook ‘n paar woorde.
Chemunique bied op 17 April ‘n Melkkoei-langlewendheidskongres in die Wes-Kaap aan en ons hoor by dr Mariaan Viljoen waarom Suid-Afrikaanse koeie minder as hul potensiaal produseer.
Onthou dit is Donderdag, en dit beteken weernuus met Johan van den Berg en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse gebeur het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.