RSG Landbou: 14 Oktober 2025 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou gesels ons met die stigter van Gerber & Co, ons vind meer uit oor faktore wat in ag geneem moet word wanneer spuite aangekoop word, en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Meer oor die wolverwerkingsbesigheid Gerber & Co

Het jy geweet ongeveer 99% van Suid-Afrika se totale wolproduksie word in ‘n rou formaat uitgevoer? Daar is egter een maatskappy wat in 2017 besluit het om ‘n wolverwerkingsbesigheid te begin. Ons het hierdie onderneming in die Paarl besoek en daar met die stigter, Stefan Gerber van Gerber & Co, gesels.

Aankoop van spuite

Wanneer spuite aangekoop word is daar verskillende faktore wat in ag geneem moet word. Ruan van Schalkwyk van Husqvarna gee raad.

Nuutste wolmarkverslag

Dan is Heinrich Victor terug met die nuutste wolmarkverslag.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

BEK-inentingsveldtog onder druk: Entstowwe beskikbaar, maar uitvoering sloer

Estimated reading time: 5 minutes Bek-en-klouseer (BEK) in Suid-Afrika is steeds nie in sy spore gestuit nie en onsekerheid heers steeds – nie net oor...

Biosecurity beyond the farm gate 

Estimated reading time: 3 minutes South Africa’s pig industry is operating in an increasingly complex and interconnected risk environment. While African swine fever (ASF) remains the most significant threat...

RSG Landbou: 9 April 2026

Estimated reading time: 1 minute Vandag se aflewering van RSG Landbou kyk na water-, vleis- en weersake! Red ons riviere! Het jy geweet daar is...

LandbouRadio: 9 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Donderdag, 9 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Christal-Lize Muller van Plaas Media gesels met Pieter Swart...

The wild side of nutrition

Estimated reading time: 4 minutes Various game animals roam the vastly different landscapes of South Africa. Looking back at history, large numbers of these animals...