Die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging, oftewel SAFJA, se skoue lewer vanjaar top gehalte beeste. Ons het by die Leniesdeel- en Tlakgaming-vetveeskou met Andrew Adams daaroor gesels.
Daar is verskillende voerstelsels in melkerye en voedingskundiges formuleer rantsoene. Maar waarom is meting nodig? Suretha Francis van SA Stamboek beantwoord hierdie en ander vrae oor dié onderwerp.
Johan van den Berg gesels daarna weersake en Chris Derksen is terug met die week se vleisprysverslag.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Nutrico.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.