In Maandag, 14 Julie, se RSG Landbou is daar gesprekke oor nuwe kuilvoertegnologie, verwikkelinge by Melk SA en die beweging van die rand.
Silosakke al hoe gewilder
Die gewildheid van silosakke vir die berging van kuilvoer neem toe. Deon de Kock van GHtech gesels met ons oor dié tipe tegnologie en hoekom hulle by vanjaar se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie betrokke is.
Melk SA neem jaar in oënskou
Verder praat Nico Fouché van Melk SA oor hul afgelope jaarvergadering. Dié bedryfsorganisasie bestaan nou al 23 jaar en Nico verduidelik wat hulle rol is en hoe hulle relevant bly.
Boere se oë op die rand
En die onafhanklike tegniese ontleder, Frans de Klerk, beskou die beweging van die rand op die keper.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Melk SA.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


