In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor biologiese landbou, die RPO se voldoening aan internasionale ISO 9001-standaarde en oor die Dohne-Merino Skaaptelersgenootskap se nasionale veiling.
Biologiese landbou
Het jy geweet Brasilië word wêreldwyd as ’n voorloper in biologiese landbou beskou? Wat kan Suid-Afrikaanse produsente by hulle leer? Ons gesels in vanoggend se RSG Landbou met Martin Booysen van InteliGro en Debbie Matteucci van die Suid-Afrikaanse Bioproduk-organisasie hieroor.
RPO voldoen aan internasionale ISO 9001-standaarde
Die Rooivleisprodusente-organisasie voldoen nou aan internasionale ISO 9001-standaarde en het ook ‘n RPO-gehaltebestuurstelsel geregistreer. Dr Frikkie Maré vertel meer.
Dohne-Merino hou nasionale veiling
Dan bied die Dohne-Merino Skaaptelersgenootskap hul nasionale veiling op 31 Januarie in Bloemfontein aan. Vaughan Colliers verskaf meer besonderhede.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.



