In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die Noordwes Brandbeskermingsvereniging, fitosanitêre maatreëls vir die verhandeling van gewassaad en ons ontvang die jongste wolmarkverslag.
Noordwes Brandbeskermingsvereniging
Die brandseisoen kruip nader en boere moet voorbereidings tref. Eric Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreelbrandbestrydingsvereniging, vertel meer oor NWUFPA se voorbereidings en die bestryding van brande wat regdeur die jaar in dié provinsie voorkom.
Fitosanitêre maatreëls vir die verhandeling van gewassaad
Jan-Hendrik Venter, direkteur van plantgesondheid by die Nasionale Departement van Landbou, verduidelik waarom fitosanitêre maatreëls vir die verhandeling van gewassaad so ‘n ingewikkelde proses is.
Jongste wolmarkverslag
En Heinrich Victor staan reg met die jongste wolmarkverslag.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.