Wat is die grootste landbourisiko’s vir die volgende tien jaar? Dit was een van die vrae wat die ekonoom, prof Johan Willemse, tydens ‘n landbou-oggend by die Swellendam Landbouskou beantwoord het. Hy het ook oor vyf belangrike faktore gesels wat boere in ag moet neem om suksesvol te wees.
Vrystaat Landbou het verlede week ‘n lewendehawe naspeurbaarheids- en veiligheidstelsel bekendgestel en dr Jack Armour vertel ons meer.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.