RSG Landbou: 13 Januarie 2026 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor Suid-Afrika se appelkoosbedryf, Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk werp lig op kalwer vrektes as gevolg van die bek-en-klouseer inenting en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

SA appelkoosbedryf

Die uitvoermark vir appelkose vanaf Suid-Afrika is groot, maar as gevolg van beperkte kultivars kan ons nie aan die vraag voldoen nie. Het jy geweet vanjaar is 21% minder appelkose uitgevoer as gevolg van kleiner oeste en vruggrootte? Daar is egter ‘n nuwe variëteit beskikbaar en Michael Oosthuizen van IPS, oftewel International Plant Selection, vertel ons meer.

Kalwer vrektes weens bek-en-klouseer intenting

Dan is ‘n video die afgelope tyd op sosiale media versprei wat beweer dat kalwers as gevolg van die bek-en-klouseer inenting vrek. Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk werp lig op die onderwerp.

Nuutste wolmarkverslag

En as jy in die nuutste wolpryse belangstel, moenie Heinrich Victor se eerste wolmarkverslag vir 2026 misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...