HomePodcastsRSG Landbou: 12 Junie 2025 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 12 Junie 2025 – geborg deur BKB

-

Vanoggend vind ons meer uit oor peulgewasse, ‘n Ankole-veiling, Agri Mpumalanga se kongres, die weeklikse vleispryse en weervooruitsigte. Dit alles in RSG Landbou, elke oggend om vyf en twintig oor vyf met Lise Roberts.

Peulgewasse en veilings

Rhizobia-bakterieë kom natuurlik in grond voor en speel ‘n belangrike rol by peulgewasse. Kenny Beeton van Nutrico brei hieroor uit.

Die nasionale veiling van die Ankole-beestelersgenootskap vind op 21 Junie plaas en Anton de Swart vertel ons meer.

Agri Mpumalanga

Dan gee Lion du Plessis terugvoer oor die afgelope Agri Mpumalanga-kongres.

Vleispryse en weer

Chris Derksen is terug met hierdie week se vleispryse, asook Johan van den Berg met die week se weernuus.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...