HomePodcastsRSG Landbou: 11 November 2025 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 11 November 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou gesels on met Ruham Hauman oor sy sukses met herlewingslandboupraktyke, ons ontvang die nuutste wolmarkverslag en ons hoor wat die voordele van ‘n dubbeldoel-skaapras is.

Sukses met herlewingslandboupraktyke

‘n Appel- en peerprodusent van die Hemel-en-Aarde Vallei, Ruhan Hauman, skryf sy rekordoes van vanjaar aan herlewingslandboupraktyke toe. Ons vind meer uit.

Nuutste wolmarkverslag

Heinrich Victor vertel wat by die laaste wolveilings gebeur het.

Voordele van ‘n dubbeldoel-skaapras

Ons hoor ook wat die voordele van ‘n dubbeldoel-skaapras is en gesels met Mark Schmidt van die plaas Stormhoek in die Memel-omgewing hieroor.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Government and ARC gives update on FMD vaccine numbers

Estimated reading time: 3 minutes The Agricultural Research Council (ARC) confirmed on 1 April that it has released another 20 000 doses of locally produced foot-and-mouth...

Meet the new NAMC board