RSG Landbou: 11 Junie 2024 – geborg deur BKB

82
red meat

Die invoer van kalwers van buurlande is een van die grootste knelpunte vir rooivleisprodusente in die Noordwes-provinsie. So sê Nico Kilian van RPO Noordwes. Ons hoor wat hy verder te sê gehad het tydens hul kongres in Lichtenburg.

Nico verwys ook na die Animal Traceability and Movement System (AIMS). Brent McNamara, hoofuitvoerende beampte van Agri Oos-Kaap verduidelik meer.

Kobus Bester van die Lewendehawe Registrerende Federasie het tydens dieselfde kongres met boere oor hul siening van die rooivleisbedryf gesels en ‘n beroep op hulle gedoen om eienaarskap te neem. Ons het na afloop van die kongres vir hom gevra om hieroor uit te brei.

Dan is Heinrich Victor ook terug met die jongste wolveilingsnuus.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.