RSG Landbou: 10 Junie 2026

In vandag se RSG Landbou kry ons terugvoer oor die Internasionale Pruimedantevereniging se jaarkongres en daar is meer oor bek-en-klouseer in die Noord-Kaap.

Internasionale Pruimedantevereniging jaarkongres

Het jy geweet Suid-Afrika is ‘n lid van die Internasionale Pruimedantevereniging? Hul jaarkongres is verlede maand in Italië gehou. Alhoewel ons slegs tussen 150 en 200 hektaar aanplant teenoor China se 62 000 hektaar, is ons vrugte van hoogstaande gehalte. Jacques Jordaan van die Inmaakvrugte-produsentevereniging het die geleentheid bygewoon en hy gee terugvoer.

Bek-en-klouseer in die Noord-Kaap

Gevalle van bek-en-klouseer neem toe in die Noord-Kaap. Deon Kriel van Noord-Kaap Veeartsenydienste het in Upington met boere hieroor gesels en ons hoor wat hy daar te sê gehad het.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...

RPO Vrystaat-kongres: Winsgewendheid, BEK en leierskap

Estimated reading time: 3 minutes’n Besigheid moet winsgewend wees om volhoubaar te funksioneer.Die Rooivleisprodusente-organisasie...