RSG Landbou: 10 Augustus 2023 – geborg deur BKB

“Dive in with Wagyu”. Dit is die tema van die Wagyu-beestelersgenootskap se kongres wat vroeg in September in Franschhoek gehou word. Volgens Elandri du Bruyn sal die kongres meer interaktief wees met onder andere ‘n sjef wat spesialiseer in die gaarmaak van unieke vleissnitte. Skakel in vir meer hieroor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Dit bly besig op die veilingsfront en ons hoor wat Bos-Blanco en Jamica vir 17 Augustus beplan en waarna kopers kan uitsien.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Daarna bring Johan van den Berg RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste weervooruitsigte.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories