Grootfontein Landboukollege het tydens die 58ste kongres van die Weidingsvereniging van Suider Afrika oor hul Nama-Karoo Plante en Veld-toepassing gesels. Dr Lorraine van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer daarvan in Woensdag se aflewering van program.
Tydens dieselfde geleentheid het Paul Avenant van die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling meer van hul bosverdigtingshandleiding vertel.
Aminosuur-formulering vir herkouers is ‘n relatiewe nuwe konsep. Wilhelm Wolmarans van Adisseo verduidelik ook op RSG Landbou watter bydrae dit lewer tot volhoubare voedselproduksie.
Ons sluit die program af met die nuutste aartappelmarkverslag. FP Coetzee van Aartappel SA bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met huidige marktendense asook plaaslike aartappelproduksie vir afgelope twee maande.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.