RSG Landbou word aangebied deur Lise Roberts en sy het vanoggend om vyf en twintig oor vyf met kenners oor onder meer landbou-opleiding gepraat.
Landbou uitdagings en opleiding
Die Suider Afrikaanse Doeane-unie-handelsooreenkoms bestaan sedert 1903. In RSG Landbou praat dr Johan Willemse oor die uitdagings wat tans heers.
Dan het landbou-opleiding in die Vrystaat onlangs ‘n hupstoot gekry met die eerste gesertifiseerde opleiding vir Gr 10- tot 12-leerlinge. Dit het by die Landbouskool Hendrik Potgieter plaasgevind en EP Nel vertel meer.
Veilingsnuus
Ons vind ook meer uit oor die Bosveld Bonsmaraklub en hul veiling van 13 Junie. Dr Alex Revelas is aan die woord.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.