RSG Landbou: 03 Junie 2025 – geborg deur Plaas Media

In vanoggend se RSG Landbou het Lise Roberts wolnuus bespreek en meer oor die tweede finalis gehoor in Plaas Media se Veeplaas Klimaatslim-ambassadeursprojek. Sy gesels ook met dr Jane Buys oor onwettige jag op plase.

Terug met die Wolmark

Op die 31ste wolveiling van die seisoen het die Suid-Afrikaanse mark weer laer verhandel. Heinrich Victor brei uit oor pryse wat by dié veiling behaal is.

Groot kommer en meer oor Klimaatslim

Die probleem met die onwettige jag met honde duur voort en is ‘n groot bron van kommer vir ons boere. Dr Jane Buys van Vrystaat Landbou praat met ons hieroor.

Verder gesels ons met Stephan Bekker van Upington. Hy is een van twee finaliste in vanjaar se Veeplaas Klimaatslim-ambassadeursprojek en ons hoor hoe hy klimaatslim boer.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories