Pak die lente- en groenweidingsuitdagings trompop

Estimated reading time: 4 minutes

  • Die lenteseisoen in Suid-Afrika se somerreënvalgebiede kan om verskeie redes baie uitdagend wees vir die weidingsboer. Waar dit nog nie gereën het nie, is die beskikbaarheid van weiding op sy laagste.
  • Gegewe die dragtigheidstatus van koeie of ooie, is die diere se voedingsbehoeftes in daardie stadium baie hoog. ’n Standaard-winterlek is in hierdie geval onvoldoende om in hulle behoeftes te voorsien. Produksielekke word daarom aanbeveel.
  • Dr Francois van de Vyver, verkoopsdirekteur by Kemin Dierevoeding en Gesondheid, sê sodra die gehalte van weidings ná die eerste lentereëns begin verbeter, staar ’n nuwe stel uitdagings die weidingsprodusent in die gesig.
  • Dr Van de Vyver sê voedingstekorte kan op verskillende maniere reggestel word met verskeie produkte wat op die mark beskikbaar is om fosfaat en spoorminerale op groenweidings aan te vul.

Die lenteseisoen in Suid-Afrika se somerreënvalgebiede kan om verskeie redes baie uitdagend wees vir die weidingsboer. Waar dit nog nie gereën het nie, is die beskikbaarheid van weiding op sy laagste, sê dr Francois van de Vyver, verkoopsdirekteur by Kemin Dierevoeding en Gesondheid.

Gegewe die dragtigheidstatus van koeie of ooie, is die diere se voedingsbehoeftes in daardie stadium baie hoog. ’n Standaard-winterlek is in hierdie geval onvoldoende om in hulle behoeftes te voorsien. Produksielekke word daarom aanbeveel, veral wanneer daar ’n behoefte is aan ’n lek met hoër innames en verhoogde voedingstofinname, spesifiek in die laatwinter wanneer die beskikbare weiding of ruvoer beperk is.

As diere se kondisie of liggaamsgewig boonop afneem, is dit noodsaaklik om na hoë-gehalte produksielekke oor te slaan. Dit sal tipies die geval wees waar die vraag na produksie nie net deur ’n winterlek voorsien kan word nie. Benewens proteïen voorsien die produksielek ook energie, minerale en vitamiene.

Lees meer oor weimielies as winterweiding vir skape hier.

Weidingstoestande na reën

Dr Van de Vyver sê sodra die gehalte van weidings ná die eerste lentereëns begin verbeter, staar ’n nuwe stel uitdagings die weidingsprodusent in die gesig. “Onthou dat dit gras ’n tydjie neem om te groei tot ’n voldoende stand na die eerste reëns.” 

Dit sluit aan by veeartsenykundiges, Arnold Theiler, Henry Hamilton Green en Petrus Johannes du Toit, wat reeds in 1924 fosfortekorte (aphosphoris) geïdentifiseer het as ’n ernstige struikelblok in die produksie van herkouers in weidingstelsels op groen veld.

In 1940 het die navorsers Du Toit, Louw en Malan in uitgebreide studies ook bevind dat, gegewe die beraamde groeibehoeftes van beeste en skape, alle weiding in die suidelike gedeelte van Afrika, wat gedeeltelik of hoofsaaklik uit gras bestaan, vir ’n tydperk van vyf tot nege maande van die jaar tekorte toon. Hierdie tekorte sluit veral fosfor in, maar ruproteїen en energie asook sekere minerale en spoorminerale kan ook beperkend wees, afhangend van die betrokke gebied.

Van de Vyver meen dit is algemene kennis dat die voedingswaarde van weiding van streek tot streek verskil en dat fosfor die belangrikste tekort in groenweidings is. Sedert hierdie historiese navorsing gedoen is, het dit egter duidelik geword dat fosfor nie die enigste beperking vir veeproduksie is nie.

Stel voedingstekorte reg

Dr Van de Vyver sê voedingstekorte kan op verskillende maniere reggestel word met verskeie produkte wat op die mark beskikbaar is om fosfaat en spoorminerale op groenweidings aan te vul. Wanneer die produsent in oorleg met ’n voedingkundige op ’n produk besluit, moet ook gelet word op die voorsiening van sekere fisiologies belangrike mikro-elemente, nie slegs fosfaat nie.

“Let daarop dat die produksielekke wat in die laatwinter gevoer word, ook spoorminerale moet insluit. In die lente en somer, of sodra veldtoestande die oorgang na ’n mineraallek toelaat, is die fokus soveel meer op voldoende mineraalvoeding.”

Ongeag die lek het die mineraalinhoud daarvan bepaalde doelwitte vir optimale reproduksie en produksiedoelwitte. Dit sluit in:

  • Fosfaat: Stimuleer die benutting van weiding met ’n gevolglike verbetering in kondisie, vrugbaarheid, groei, melkproduksie en speenkalfgewig na gelang van produksiestatus.
  • Mangaan (Mn): Dit ondersteun reproduksie en groei in jong diere. Kliniese tekorte sluit ongereelde estrus en lae besettingsyfers in. In ernstige gevalle kan dit die libido en spermatogenese van bulle beïnvloed.
  • Koper (Cu): Koper beperk die voorkoms van prenatale sterftes, ondersteun reproduksie en beperk die voorkoms van onderdrukte estrus in koeie. Kopervlakke in die somerlekke moet goed-gebalanseer wees, aangesien Cu toksies vir skape is.
  • Kobalt (Co): Dit is belangrik vir energiemetabolisme, aangesien dit die kern van vitamien B12 vorm. Vitamien B12 word deur die rumen-mikroörganismes gesintetiseer en is belangrik in verskeie metaboliese reaksies in die dier se liggaam.
  • Sink (Zn): Hierdie element is noodsaaklik vir manlike diere gedurende die morfologiese proses van spermatogenese, en ondersteun hoë spermproduksie en libido.
  • Selenium (Se): Vroeë geboortes, swak lewenskragtigheid, spierdistrofie, swak immuniteit en lae vrugbaarheid word deur hierdie element voorkom. – Christal-Lize Muller, Veeplaas

Vir meer inligting, kontak dr Francois van de Vyver by francois.vandevyver@kemin.com.

Must read

Johann Vosser, besturende direkteur van Vleissentraal Bosveld, en Wilma Prinsloo, provinsiale sekretaresse van TLU Limpopo.

TLU streef na beter landbou-omgewing

Estimated reading time: 7 minutes Tegnologie, saamstaan en regeringsamewerking is die bene waarop ’n vooruitstrewende landbou-omgewing gebou sal word. Dit het aan die lig gekom tydens die TLU SA se kongres wat vroeër die maand in...
Guy English, the 2024 KZN Kwanalu Young Farmer of the Year.

Guy English wins 2024 Kwanalu Young Farmer Award

Estimated reading time: 3 minutes The KwaZulu-Natal Agricultural Union, Kwanalu, is proud to announce that Mooi River Beefmaster cattle and maize producer, Guy English, has been awarded the title of 2024 KZN Kwanalu Young Farmer...
Somerset Oos se landbouskou het iets vir almal aangebied. Die organiseerders wat hard agter die skerms gewerk het, was, van links, voor, Martin Lombard, Jane Cumming en Nicky Kruger. Agter is, van links, Jacques Loubser, Elize Swanepoel, Stella Booyens, Ezelle Marais, Erick Klopper en Niel Wilke, namens sy pa, Charl Wilke (skouvoorsitter).

Somerset-Oos se landbouskou belê in die gemeenskap

Estimated reading time: 3 minutes Somerset-Oos se 198ste landbouskou, wat van 5 tot 7 September gehou is, het, ten spyte van die leë kleinveestalle as gevolg van streng bek-en-klouseer-maatreëls, verskeie aktiwiteite vir oud en jonk...
RSG Landbou

RSG Landbou: 16 September – geborg deur Plaas Media

Estimated reading time: 2 minutes Landbou moet seëvier – dis die boodskap wat by vanjaar se TLU SA-kongres uitgestaan het. In Maandag se RSG Landbou gee Bennie van Zyl terugvoer. Ons hoor ook van twee...

Voorbereiding vir ’n dissiplinêre verhoor

Estimated reading time: 4 minutes Werkgewers moet seker maak wat van hulle verwag word voor en gedurende ’n dissiplinêre verhoor. Dit is belangrik dat die werkgewer ten volle voorbereid is sodat alle relevante feite, dokumentasie, bewyse...