Friday, March 14, 2025

Ontmoet die trailblazers: Die baanbrekerbul wat voor loop

Estimated reading time: 4 minutes

Die Engelse woordeboek omskryf ’n trailblazer soos volg: “The first person to do something or go somewhere, who shows that it is possible for other people, an innovator.”

In Afrikaans kan ’n mens van ’n baanbreker praat en die term ook op baanbrekerdiere van toepassing maak. Dit is daardie teeldiere waarvan die impak oor generasies strek en dit moontlik maak om seleksie na nuwe hoogtes te neem. En die beste plek is om te begin deur die spoor van ’n uithaler-bul te volg.

Die Bonsmara-bul, LAR 16 332, wat deur Derek en Tutu Ralfe in die welbekende Up George-kudde by Wasbank, KwaZulu-Natal, geteel is, is een van die eerste bulle wat as ’n Elite Diamantbul kon kwalifiseer tydens SA Stamboek se 2024 Nasionale Elite-toekennings.

Invloed wat ver kom

’n Bietjie navorsing wys die impak van so ’n trailblazer-teeldier. LAR 16 332 is op 17 November 2016 gebore en in Maart 2017 as kalf saam met sy ma, LAR 12 317, op die nasionale Bonsmaraveiling verkoop.

Die koper was Nico Pieterse van Syferfontein. Derick en Tutu se filosofie is juis om te sorg dat hul aanbiedings by die nasionale veiling, as ‘n vertoonvenster van die ras moet dien. Dit was dus gepas dat hy en sy ma, toe hy in 2024 as Elite Diamantbul erken is, se foto op die veilingskatalogus se voorblad gepryk het.

Die waarde van volgehoue toewyding in die toepassing van ’n teeldoelwit wat omsien na die welstand van die kopers van UP George-diere, blyk uit die familie waaruit LAR 16 332 geteel is. Sy ouma aan vaderskant is ’n Elite Goue koei wat met ’n koeiwaarde van 142 spog – in die boonste 0,23% vir genetiese winsgewendheid in die ras.

Dit is dus geen wonder nie dat sy steeds as een van die invloedrykste koeie in die ras geag word. Sy is die moeder van drie topseuns (LAR 14 173, LAR 17 358 en LAR 19 319) wat die tonge los gehad het toe hulle by verskillende Up George-produksieveilings vir rekordpryse verkoop is. Min koeie kon al vier halfbroers teel wat ’n groot impak in die veebedryf gemaak het.

Lees meer oor streng seleksie sorg vir klipharde Bonsmaras.

Waarde as teeldier

LAR 16 332 se ouma aan moederskant, LAR 08 295, is ook ’n Elite Goue koei met ’n gemiddelde kalfinterval van 374 dae oor 11 kalwers en ’n koeiwaarde van 103, dus steeds geneties beter as die huidige bevolking. LAR 16 332 het gedurende sy produktiewe lewe van eienaars verwissel, soms met meer as een mede-eienaar. Verskeie Bonsmara-telers het dus sy waarde as teeldier ontdek.

Die gebruik van genomiese toetsing om ingeligte seleksiebesluite te neem, wys duidelik op hierdie gesogte bul se stamboom (Figuur 1). Die genomiesgetoets (GT)-logo wys dit. Die omkringde syfers wys waar sy voorsate bogemiddelde koeiwaardes het.

Figuur 1: Die waarde van genomiese toetsing in seleksiebesluite

Die werklike bewys van hierdie bul se waarde lê in hoe hy geteel het: 66 seuns waarvan 36 (55%) aan die keurder voorgelê word met die uitkoms dat 30 (83,3%) die streng keuring van die ras slaag. Soortgelyke getalle geld vir sy dogters waarvan 64 geteel is, met 40 voorgelê vir keuring en ’n slaagsyfer van 85%. Hy het onderskeidelik 11 kleinseuns en 16 kleindogters met gemete nageslag in die Bonsmara-ras.

Die Ralfe-gesin van Up George weet hoe om topdiere te teel deur korrekte beginsels toe te pas en ekonomies belangrike eienskappe akkuraat te meet. Elke dier staan ’n gelyke kans as seleksiekandidaat binne die produksieomgewing.

Funksionele bouvorm is nog ‘n baie belangrike hoeksteen van seleksie, met eienskappe soos behoud van kondisie, liggaamswydte en -diepte wat deel daarvan vorm. Vroulike diere wys hul staal deur hoe hulle die omgewing trotseer en met hul funksionele kuddelewe as goeie moeders wat gereeld kalf. Manlike diere se bouvorm en hormoonbalans vul aanvaarbare BLUP-teelwaardes aan. LAR 16 332: Die baanbrekerbul wat sy plek bly volstaan. – dr Japie van der Westhuizen

Vir meer inligting, kontak dr Japie van der Westhuizen by 082 331 9923.

Die doel van ‘n winterlek vir beeste

Estimated reading time: 4 minutes Waar ook al die boerdery geleë is, raak dit weer...

Wolsake by IWTO-rondetafel uitgepluis

Estimated reading time: 4 minutes Die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO) se jaarlikse rondetafel bied ’n platform...

The central role of the Wool Forum and Wool Testing Bureau

Estimated reading time: 4 minutes The continuing struggles of the global economy post 2020 is...

Cutting-edge technology for diagnosing cattle abortions

Estimated reading time: 5 minutes Abortions that occur as a result of pathogen infections lead...