Saturday, September 14, 2024

Metodiek vir die beoordeling van kleinvee: ‘n Benadering tot beoordeling in die ring

Estimated reading time: 4 minutes

  • In hierdie uitgawe van Veeplaas, kom ons meer te wete oor die eienskappe waaraan ’n beoordelaar moet voldoen voordat hy of sy ’n bok volgens die voorgeskrewe rasstandaarde mag beoordeel.
  • Die beoordelaars kan tydens ’n skou uitgeken word aan hul kleredrag. Hulle dra ’n wit hemp en das, met die vereniging se embleem op beide, ’n netjiese broek en baadjie met ’n beoordelaarsbalkie daarop.
  • By die toepassing van die vasgestelde rasstandaard, tydens ‘n beoordeling, moet die klem veral op funksionele doeltreffendheid val.
  • Dit is belangrik om daarop te let dat die graad van fenotipiese gebreke die diskwalifikasie van ’n dier volgens die rasstandaarde bepaal.

In die vorige uitgawe van Veeplaas het die metodiek vir die beoordeling van lewendige wolskape en Angora-bokke by geleenthede soos boeredae, skoue en veilings, onder die soeklig gekom.

In hierdie uitgawe kom die assessering van Boerbokke, Savannas en Kalahari Reds aan die beurt. Ons kom meer te wete oor die eienskappe waaraan ’n beoordelaar moet voldoen voordat hy of sy ’n bok volgens die voorgeskrewe rasstandaarde mag beoordeel.

Lees meer oor die beoordeling van kleinvee.

Die formele proses

Michelle Kruger van die SA Boerboktelersvereniging gesels oor die Boerbok wat al sedert 1959 streng geselekteer word, sodat die ideale Boerbok gemeet word aan die rasstandaarde wat deur die vereniging daargestel is. Die rasstandaarde van Kalahari Reds en Savanna-bokke is op ’n soortgelyke historiese grondslag saamgestel.

Die beoordelaars kan tydens ’n skou uitgeken word aan hul kleredrag. Hulle dra ’n wit hemp en das, met die vereniging se embleem op beide, ’n netjiese broek en baadjie met ’n beoordelaarsbalkie daarop. Kruger sê die sukses van ’n beoordelaar is onderhewig aan die voorgestelde rasstandaarde wat professionaliteit, dissipline en goeie organisasievermoë vereis.

Daar is twee beoordelingstelsels ter sprake, naamlik:

  • Hi-Lo waar drie beoordelaars in die ring die bokke beoordeel sonder om met mekaar te kommunikeer. Hier word van ’n rekenaarprogram gebruik gemaak vir die verwerking van die beoordelaars se nominasies.
  • Die tweede stelsel is wanneer drie beoordelaars saam beoordeel; met ander woorde, hulle mag met mekaar kommunikeer en op ’n beslissing ooreenkom.

“By die toepassing van die vasgestelde rasstandaard moet die klem veral op funksionele doeltreffendheid val. Eienskappe soos beweging, bespiering en lewenskragtigheid is tekens van vrugbaarheid, ensovoorts,” sê Kruger. “Die nie-funksionele eienskappe is eweneens belangrik en sluit onder andere die waarneming van swak of geen beweging, geen sigbare bespiering, vetlokalisasie asook onvroulike en nie-manlike liggaamsvorm in. Dit is belangrik om daarop te let dat die graad van fenotipiese gebreke die diskwalifikasie van ’n dier volgens die rasstandaarde bepaal.”

Lees meer oor Lukas Burger se Boerbok-sukses hier.

’n Praktiese metode van beoordeling

  • Elke bok-ooi wat die ring binnekom, word fisies deurgegaan om te bepaal of hul spene funksioneel en korrek geplaas is. Die kake van elke bok moet reg sluit en die tande moet anatomies korrek geplaas wees.
  • Hierna word elke bok individueel beoordeel deur hulle te laat loop om te bepaal hoe naby die bok aan die ideaal kom ten opsigte van die rasstandaard. Hulle word letterlik van die kop tot stert beoordeel en voorlopig geplaas.
  • Nadat die bokke geplaas is, word die voorste tien bokke twee-twee (of meer, soos wat die beoordelaar besluit) met mekaar vergelyk om te bepaal watter bok op die betrokke dag die naaste aan korrek is ten opsigte van die voorgeskrewe rasstandaarde.
  • Die bespreking van geplaaste diere moet diplomaties en positief geskied. Die goeie en voortreflike eienskappe van ’n dier word altyd eerste bespreek en dit is belangrik om minder klem te lê op die foute en tekortkominge. Swak eienskappe word positief hanteer; met ander woorde, nie ‘swak of sleg’ nie, maar ‘kan ’n bietjie beter’.
  • Laastens moet die finale plasings van ’n afstand af beoordeel word om die beoordelaar ’n goeie idee te gee of die plasings ’n goeie prentjie vorm. Of, soos Kruger sê: “Om die beste op hierdie oomblik te doen, plaas jou op die beste plek vir die volgende oomblik.” – Carin Venter, Veeplaas

Vir meer inligting, kontak Michelle Kruger by 083 378 6370 of info@boerboksa.co.za.

Must read

Melkvervangers vir varkies groei in gewildheid

Estimated reading time: 4 minutes Vervangers vir sogmelk is nog nie so gewild in Suid-Afrika soos in Nederland of Denemarke nie. Dit neem wel stadig maar seker in gewildheid toe, waarskynlik weens die groter werpsels...
Wikus tussen sy Dohne-Merino’s. (Foto: Stefan Strydom)

Topskaapboer floreer met ’n simplistiese lae-inset benadering

Estimated reading time: 7 minutes Wikus Bekker, ’n Dohne-Merino-boer van die plaas Geluksdam by Edenburg in die Vrystaat, se passie vir teling, en sy toewyding en meelewing in sy boerdery is die hoeksteen van sy...

RSG Landbou: 12 September – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes Daar is verskeie tipes melk op winkelrakke te koop en die verbruiker het dikwels vrae oor onder andere, die voedingswaarde van gepasteuriseerde melk. In moreoggend se RSG Landbou beantwoord Maretha...
Chris Schutte and his wife Reinette Schutte with AFMA chairperson Anina Hunter. Schutte received the Lifetime Achievement Award.

AFMA honours excellence

Estimated reading time: 4 minutes Anina Hunter of Epol Feeds was re-elected as chairperson of the Animal Feed Manufacturers Association (AFMA), while Michael Schmitz from Meadow Feeds was re-elected as vice-chairperson at the 77th AFMA...

RSG Landbou: 11 September – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes Tyd raak min om in te skryf vir die 2024 LRF Veeskool wat vanaf 9 tot 11 Oktober by Aldam aangebied word. Die program is gefinaliseer en in vandag se...