In Dinsdag, 8 September se LandbouRadio, met trots aan jou gebring deur BKB, kan jy uitsien na die volgende:
- Johan gesels met dr Pieter Haumann van Fertasa oor hulle simposium wat op 29 September plaasvind.
- Pierré Vlok gesels oor BKB se betrokkenheid en aktiwiteite by vanjaar se Nampo Kaap.
- Johan Kok, agronoom by Pioneer Saad in die Westelike streek, gesels oor groeikrag, kiemkrag en saadstories.
- In ons maandelikse Agri-Expo skoupraatjies, moontlik gemaak deur Nedbank, gesels Johan met Cobus Marais, president van Robertson-skou, oor wat hulle vanjaar alles by die skou aanbied.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor deel die nuutste gebeure in die wolmark.
Hierdie week se LandbouRadio word met trots geborg deur BKB – betroubare tuiste van landbou.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
