In Maandag, 26 Januarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Izak Hofmeyr van Plaas Media is aan die beurt met ‘n internasionale landbounuusbulletin.
- Prof Johan Willemse lewer sy weeklikse markverslag.
- WA Lombard vertel wat lesers in die Februarie-uitgawe van Veeplaas kan verwag.
- Johan gesels met Tania Bornman oor haar organiese hoender- en eierboerdery.
- John Melville gesels oor die toets van ramme vir vrugbaarheid.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


