RSG Landbou: 26 Januarie 2026

In vandag se RSG Landbou gesels Agri Oos-Kaap oor landbou in die Oos-Kaap, ons vind meer uit oor lede van die roovleiswaardeketting wat met navorsers gesels en ons vind meer uit oor Davis Dexters se veiling.

Landbou in die Oos-Kaap

Ten spyte van damvlakke wat in die Oos-Kaap daal en droogte wat ernstige uitdagings vir veral melkprodusente in die kusstreke inhou, was die oostelike deel van dié provinsie lanklaas so mooi. So sê Peter Cloete van Agri Oos-Kaap. Hy gesels ook oor bek-en-klouseer, vrugte-uitvoere en ander landbouverwante kwessies.

Lede van die rooivleiswaardeketting gesels

Lede van die rooivleiswaardeketting gesels op 4 en 5 Maart met navorsers van die Noordwes Universiteit oor kwessies soos voeding, biosekuriteit, genetika en marktoegang. Gerhard Diedericks van Agri X vertel meer.

Davis Dexters hou veiling

En het jy geweet die Dexter is een van die kleinste beesrasse, maar staan glad nie terug as dit kom by vleisproduksie nie? Davis Dexters van Delmas hou op 14 Februarie veiling, en Gert Davis gesels oor die diere wat op aanbod sal wees.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Heinings en hokke: Instandhouding voor die lamseisoen

Met lae winsmarges, siektes en roofdiere wat tot 30% van ’n lammeroes kan kos,...

Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande

Estimated reading time: 7 minutesSuurveld kom hoofsaaklik in die hoëreënvalgebiede van die oostelike dele...

Boost young animals’ immunity before the lambing and calving season

Estimated reading time: 4 minutesVaccinating ewes and cows four to six weeks before lambing...

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...