In Woensdag, 25 Februarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder is eerste aan die woord met sy Woensdagwenk en die slag verduidelik hy hoe wurmweerstand ontwikkel.
- Adriaan Geldenhuys, vise-president van die Riversdalskou, vertel oor hulle slaglamkompetisie.
- Breyton Milford, uitvoerende hoof van Agri-Expo, gesels oor die belangrikheid van plattelandse skoue.
- In ons gereelde RPO-vleispraatjies gesels Johan met Leedee Terblanche, voorsitter van Kleinbrak VLV en landbousameroeper, oor haar spesiale skilpadjieresep en die storie daaragter.
- Richardt Venter, kuilvoerkonsultant en mede-organiseerder van die Santam Landbou se Plaas Media Nasionale Kuilvoer-kompetisie, vertel meer oor die 2026-kompetisie.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


