In Woensdag, 24 Junie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder is aan die woord met sy Woensdagwenk, en vandag praat hy oor absesdreinering.
- Carin Venter van Plaas Media gesels verder met Stef en Johan Stephan oor aartappelproduksie in die Sandveld.
- Johan gesels met Dan Kriek, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, oor hulle betrokkenheid by die Karoo Winterwolfees en die boerepraatjies-oggend wat daar gehou word.
- In dié maand se RPO Vleispraatjies, aangebied deur Beefmaster, deel LeeDee Terblanche van die VLV Kleinbrak, haar ouma se beesstertresep en dan deel Marieta Joubert van Mosselbaai haar bobotieresep vir die winter.
- Marianke Rossouw van Bothaville was die wenner van vanjaar se NWKV/Santam-fotokompetisie met haar foto, Goue handewerk. Johan het met haar gesels oor die inspirasie agter die foto en wat dit verg om ‘n goeie foto te neem.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.



