In Donderdag, 20 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Hannes Latsky, bestuurder van opleiding en nakoming by die LWO Werkgewersorganisasie, gesels oor vier algemene arbeidsregmites in die landbousektor.
- Dr Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie, gesels oor die pas-afgelope RPO-konferensie se sprekers en besprekingspunte.
- Louis Steyl van Bonsmara SA gesels oor die kenmerke en aanpasbaarheid van die Bonsmara, asook die vroulike diere se vrugbaarheid.
- Johan gesels met Tanya Pieterse van die Wagyu-telersverenging oor die komende Wagyu-wêreldkonferensie wat in Suid-Afrika gaan plaasvind en veral die regulatoriese aspekte waarop die konferensie gaan fokus.
- Professor Pieter Swanepoel, medeprofessor en hoof van die Universiteit Stellenbosch se Departement Agronomie, het by die afgelope Overberg Agri Herkouerdag met Carin Venter gesels oor weiding en hoe vee by ‘n gewasverbouingstelsel geïntegreer kan word.
- Dr Johnny van der Merwe sluit die program met sy weeklikse AMT-markverslag af.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
