In Dinsdag, 19 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Sjef Aiden Pienaar gesels oor sy werk, sy lewe, die rol van varkvleis op sy restaurant se spyskaart en sy projek vir SAVPO.
- Cor Uys, areabestuurder van OVK in Middelburg Oos Kaap, vertel van die Karoo Winterwolfees wat in Julie plaasvind.
- Johan gesels met Sytze Smit van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika oor hulle betrokkenheid by en borgskap van die LRF Veeskool wat by Aldam plaasvind.
- Koos du Pisanie van Plaas Media het by die afgelope Oranjeriviervoere-boeredag in Prieska, met Dawie Maree van FNB gesels oor hoe ‘n kredietaansoek moet lyk.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor gesels oor die nuutste wolmarkpryse.
- Marlene Taute van Landbouskool Hendrik Potgieter in Reddersburg, vertel van hulle jeugskou en landboufees wat 22 tot 23 Mei plaasvind.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
