In Woensdag, 1 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Eerste aan die woord is Leon die skaapherder met sy Woensdagwenk en vandag praat hy oor swelling by die kniegewrig.
- Izak Hofmeyr van Plaas Media gesels met veldagronoom, Pieter de Wet, oor Pioneer se P18380-mieliekultivar.
- In die derde aflewering oor André Christie Smith se Merino-boerdery, gesels Carin Venter van Plaas Media met hom oor hulle natuurreservaat.
- Johan gesels met Franelyn Rossouw van Delmas oor haar betrokkenheid as vrou in die landbou.
- Ons praat ook oor Plaas Media se 2026 Toyota SA Jongafslaerskompetisie.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.