Estimated reading time: 3 minutes
Die Jansenville-skou, wat van 8 tot 9 Maart 2024 sal plaasvind, beloof om ‘n fees vir kleinveeliefhebbers en plattelanders in die Oos-Kaap te wees. PW Botha, ‘n Boerbokprodusent van formaat, is ook die skouvoorsitter en nooi alle stoet- en kudde-kleinveeprodusente om deel te neem.
Kleinveeskoue
Die program is belaai met pret en opwinding, waaronder Boerbok-, Angora- én Dorperskoue. Kleinveeprodusente: jy kan vir slegs R20 per bok vir die Dorperskou inskryf.
Om deel te neem aan enige van die veeskoue, kontak asseblief die volgende persone:
- Boerbokke en Kalahari Reds (stoet en kudde) – PW Botha by 082 800 9310 of Marlé by 082 578 3785.
- Dorpers – Dawie Viljoen by 082 561 8191.
Skougangers kan ook die Oos-Kaap se trotse Boerbok- en sybokhaarbedryf in al sy glorie beleef. Vanjaar se program sluit die Suid-Afrikaanse Sybokhaarvereniging se skou asook skoue van Boerbokke en Kalahari Reds (stoet en kudde) in.
Aandprogram
Die skou sal ook ‘n vermaaklike aandprogram bied, met ‘n optrede deur die sangeres, Andriëtte, en ‘n skaapspitbraai op Vrydag, 8 Maart. Die kaartjies vir die aand is vooraf beskikbaar, en daar sal ‘n kontantkroeg wees.
Kontak Marlé by 082 578 3785 om jou kaartjies vir die spitbraai en vertoning te koop.
Die Jansenville-skou is ‘n geleentheid om plattelandse gasvryheid te geniet en die gemeenskap te versterk. Dit is ook ‘n manier om meer oor kleinvee, gewasse en implemente te leer. Die skou is moontlik gemaak deur die bydraes en borgskappe van verskeie produsente en diensverskaffers. Plaas Media, die tuiste van Veeplaas, is die amptelike mediaborg van die skou en is trots om met plattelandse skoue van hierdie kaliber, geassosieer te wees.
Lees artikels oor die plase van twee van Jansenville-skou se organiseerders:
Smart lambing camps for profitable Boer goat farming
PW Botha lost his heart on Boer goats during childhood and today his love for this breed remains undeniable. Stockfarm recently visited his Eastern Cape farm, Slabertina, near Jansenville. PW believes that each goat has a unique personality. “They all have different temperaments and, besides their obvious intelligence, they just are a different type of animal to farm with. It gives me pleasure to work with them.”
According to him, Boer goats don’t have issues, except for their predisposition to walk far and climb through wire fences. Fortunately, he has a solution for this in the form of a drone that makes the tracking process much easier.
Oos-Kaap Boerbok-veldramprojek
Oubaas Slabbert het sewe jaar gelede die leisels van die boerdery op Osplaat aan sy dogter, Marlé Slabbert, oorhandig. Die Boerbok-ramme op Osplaat is deel van die Oos-Kaap Boerbokklub-veldramprojek. Carin Venter van Plaas Media het by Marlé besoek afgelê om meer hieroor uit te vind.