Estimated reading time: 5 minutes
’n Kwart-eeu van tradisie en trots is op Saterdag, 10 Mei gevier toe Hoërskool Bekker die 2025 Gauteng Interskole-jeugskou aangebied het. In hulle 90 jaar se bestaan, speel jeugskoue al vir 25 jaar ’n prominente rol op hul kalender. Met 14 kategorieë, 186 inskrywings, en 9 skole wat deelgeneem het, het die skool weereens jong landbouleiers gehelp om hulle passie uit te leef.
Waardes en kennis groei saam
Departementshoof van Lewensoriëntering , Verbruikerstudies en Toerisme by Hoërskool Bekker, Marie Booyse, is al 35 jaar lank by die skool. Sy sê dat die kinders leer om God se skeppings met respek te hanteer: “Hier werk die kind met die dier. Die dier is ’n skepping van God en ons kyk na hoe die kind die dier hanteer, nie noodwendig hoe die dier is nie. Hulle moet dissipline hê, vroeg opstaan en die dier versorg. Ons kweek kinders wat God se skepping ken. Dit is wat op die ou einde ons doel is.”
Gerhard Greyling, ’n leerling van Merensky landbou Akademie, sê sy deelname in die afslaers-afdeling het hom gehelp hom beide die diere en die mense in die bedryf beter te verstaan. “Jy sit jouself in die skoene van ’n afslaer, jy leer van die diere, en jy leer hoe om met mense te werk,” sê hy.
Alumni deel in trots
Die skoolalumni se betrokkenheid het tot die sukses van die skou se beoordeling bygedra, aangesien van die beoordelaars oud-leerlinge van Bekker was. In teenstelling met ander skole wat jeugskou-beoordelaars aanstel, steun Hoërskool Bekker op die lojaliteit van sy oud-studente. Corrie Appelcryn, ’n oud-Bekker, het byvoorbeeld vanjaar as beoordelaar in die afslaer-afdeling opgetree – ’n bewys van die diep wortels wat die skou in die gemeenskap het.
Gautengse skole verenig
Nege skole het vanjaar by die Gauteng-interskole deelgeneem, naamlik:
- Hoërskool Bekker
- Merensky Landbou Akademie
- Hoër Volkskool Heidelberg
- Olimpia Park Skool
- Hebron Leersentrum
- Laerskool Rapportryer
- Laerskool Hekpoort
- Laerskool Protearif
Kategorieë te kies en te keur
Die 14 kategorieë waarvoor die leerlinge kon inskryf, sluit suiwel- en vleisbeeste, wol- en vleisskape, vleis- en melkbokke, pluimvee, varke, konyne en pluimvee, afslaers, kulinêre kuns en suiwelbereiding, asook fotografie in.
Daar was ook drie ouderdomsgroepe, naamlik: Junior-junior (ouderdom 7 tot 11 jaar), junior (ouderdom 12 tot 15 jaar), en senior (ouderdom 16 tot 19 jaar).
Elke leerling is op drie onderafdelings gegradeer, waar toepaslik. Leerlinge moes eers ’n teoretiese toets skryf. Daarna het beoordelaars na hulle voorbereiding gekyk, wat die was van hul diere en voorsiening van toerusting ingesluit het. Laastens was hulle op skoumanskap gegradeer – ’n finale aanbieding voor beoordelaars.
Algehele wenners
Die leerlinge met die hoogste algehele punt vir hul teoretiese toets, voorbereiding, en skoumanskap, was die wenners in hul onderskeie kategorieë.
Tabel 1. Gauteng Interskole-jeugskouwenners
| Kategorie | Wenplek | Ouderdomsgroep | Naam |
| Vleisbeeste | 1 | Junior | Logan Langenhoven |
| Vleisbeeste | 2 | Junior | Leandri Smith |
| Vleisbeeste | 3 | Junior | Hanco Boshoff |
| Vleisbeeste | 1 | Senior | DJ Basson |
| Vleisbeeste | 2 | Senior | Ina-Meri Burger |
| Vleisbeeste | 3 | Senior | Bandile Mnguni |
| Suiwelbeeste | 1 | Junior-junior | AJ Appelcryn |
| Suiwelbeeste | 1 | Junior | Zylie Mienie |
| Suiwelbeeste | 2 | Junior | Ukhi Monyamae |
| Suiwelbeeste | 1 | Senior | Trishana van den Heever |
| Suiwelbeeste | 2 | Senior | Janu Botha |
| Suiwelbeeste | 3 | Senior | Philasade Dlazi |
| Vleisskape | 1 | Junior | Karina Swanepoel |
| Vleisskape | 2 | Junior | Iné Celliers |
| Vleisskape | 3 | Junior | Noah Cremore |
| Vleisskape | 1 | Senior | Sandisele Masambuka |
| Vleisskape | 2 | Senior | Stefan Greyling |
| Vleisskape | 3 | Senior | Simongaliso Nxumalo |
| Wolskape | 1 | Junior | Masechaba Mokgobi |
| Wolskape | 2 | Junior | Ofentse Motlhako |
| Wolskape | 3 | Junior | Kearabilwe Sehube |
| Wolskape | 1 | Senior | Simone Schonken |
| Wolskape | 2 | Senior | Stephan -John Walker |
| Wolskape | 3 | Senior | Amarissa de Wet |
| Melkbok | 1 | Junior-junior | Hes-Miné Badenhorst |
| Melkbok | 2 | Junior-junior | Arian van Wyk |
| Melkbok | 1 | Junior | Kariena Bosch |
| Melkbok | 2 | Junior | Tenille du Toit |
| Melkbok | 3 | Junior | Gerhard Marx en Amelie Pretorius |
| Melkbok | 1 | Senior | Els-Mari Badenhorst |
| Melkbok | 2 | Senior | Junior Mawasha |
| Melkbok | 3 | Senior | Karla Marx |
| Vleisbok | 1 | Junior-junior | Janco Viviers |
| Vleisbok | 1 | Junior | Levi van Niekerk |
| Vleisbok | 2 | Junior | Arno Viviers |
| Vleisbok | 3 | Junior | Suria Emslie |
| Vleisbok | 1 | Senior | Atahlia van Niekerk |
| Vleisbok | 2 | Senior | Sefastian Jansen van Vuuren |
| Vleisbok | 3 | Senior | Max de Beer |
| Pluimvee | 1 | Junior | Wikus du Bruin |
| Pluimvee | 2 | Junior | Bernard Louw en Phetogo Kolaota |
| Pluimvee | 1 | Senior | Waldo Beyers |
| Pluimvee | 2 | Senior | Cleandro Swanepoel |
| Pluimvee | 3 | Junior | Thenba Mhlungu |
| Konyne | 1 | Junior | Leah Stewart |
| Konyne | 2 | Junior | Marius Vermeulen |
| Konyne | 3 | Junior | Chrizaan Booysen |
| Konyne | 1 | Senior | Dylan Jacobs |
| Konyne | 2 | Senior | Bernita Cronje |
| Konyne | 3 | Senior | Milandri Hauptfleisch |
| Watervoëls | 1 | Junior | Jannie Badenhorst |
| Watervoëls | 2 | Junior | Jaydin Schutte |
| Watervoëls | 1 | Senior | Carolien Ferreira |
| Wedvlugduiwe | 1 | Senior | William Hewitt |
| Kulinêre kuns | 1 | Junior | Mieke Erasmus |
| Kulinêre kuns | 2 | Junior | Blessing Moremi en Mia Gerber |
| Kulinêre kuns | 1 | Senior | Dane Viljoen |
| Kulinêre kuns | 2 | Senior | Inge Miller |
| Kulinêre kuns | 3 | Senior | Hloni Mlondobozi |
| Suiwelprodukt-e | 1 | Junior | Zia Kroukam |
| Suiwelprodukte | 2 | Junior | Klara Nel |
| Suiwelprodukte | 3 | Junior | Reneilwe Mampeule |
| Suiwelprodukte | 1 | Senior | Lisa Naude |
| Afslaers | 1 | Junior | Johan Dames |
| Afslaers | 2 | Junior | Nathan Raats |
| Afslaers | 3 | Junior | Adriaan Malan |
| Afslaers | 1 | Senior | Gerhard Greyling |
| Afslaers | 2 | Senior | Paul Kruger |
| Afslaers | 3 | Senior | Nathan Jansen van Vuuren |
| Fotografie | 1 | Junior | Blessing Seshoka |
| Fotografie | 2 | Junior | WD Last |
| Fotografie | 3 | Junior | Nokutenda Nemadziva |
| Fotografie | 1 | Senior | Heleen Tijssen |
| Fotografie | 2 | Senior | Ethan Visser |
| Fotografie | 3 | Senior | Rikus Kamffer |
| Varke | 1 | Junior-junior | Zander Mienie |
| Varke | 1 | Junior | Rousseau Marais |
| Varke | 2 | Junior | Armand van den Berg |
| Varke | 3 | Junior | Tshepiso Tsimane |
| Varke | 1 | Senior | Christopher Barnes |
| Varke | 2 | Senior | Lylene Niemann |
| Varke | 3 | Senior | Lesley Niemann |
Hoërskool Bekker was vir nog ’n jaar die gasheer van ’n suksesvolle Gauteng Interskole-jeugskou. Die skou getuig van die hoë standaard en toewyding onder die landboukampioene. Daar is groot verwagtinge vir die jong kampioene se toekoms en hul bydrae tot die Suid-Afrikaanse landbousektor. – Milla Matthee, Plaas Media
Besoek https://www.nays.co.za/ vir meer inligting.


