Estimated reading time: 2 minutes
Om skaapvleis ekonomies te produseer, is dit nodig om aan sekere basiese produksievereistes te voldoen. Optimum produksie is net moontlik as al hierdie faktore hul onderskeie invloede afsonderlik en gesamentlik laat geld. Een van die belangrike faktore is die voorsiening van doeltreffende behuising- en hanteringsfasiliteite.
Intensiewe skaapboerdery vir beginners: Basiese beginsels
Die elemente waaruit ’n produksiestelsel bestaan, word grotendeels deur die kuddegrootte bepaal en kan die volgende insluit:
- Hanteringsfasiliteite.
- Behuisingsarea.
- Weidingskampe.
- Voerprosesseringskompleks.
- Hospitaal.
- Administratiewe kantoor.
- Skeerskure.
Hoewel skape goed in Suid-Afrika se klimaat aangepas is, is klimaatsvereistes ook ’n belangrike faktor. Hierdie veranderings kan ’n beduidende invloed hê op voerinname en die voorkoms van siektes. Die algemene reël is: Hoe droër die klimaat, hoe gesonder die skape.
Die terrein moet só gekies word dat dit die totale plaasuitleg komplementeer en ander bedryfstakke in ag neem.
Ruimtebehoeftes vir skape
Algemene norme wat vir ontwerp- en beplanningsdoeleindes gebruik word:
- Voerkraal: 2m2 per skaap*.
- Versamel- of hou-area:
ᴏ 0,8 tot 1m2 per skaap.
ᴏ 1,5 tot 1,8m2 per ooi met lam.
ᴏ 0,5 tot 0,75m2 per lam jonger as een jaar.
- Opvangsarea: 0,5m2 per skaap.
- Ramstalle: 5m2 per ram.
- Kraamhokke: 2,5 tot 3m2 per skaap.
- Skaduwee-area in voerkrale: 0,5 m2 per skaap (0,3 tot 0,75m2 per skaap).
- Afdroogkraal: 0,5m2 per skaap.
*In gebiede met ’n relatiewe lae reënval (400mm per jaar) kan hierdie waarde verklein word tot ongeveer 1m2 per skaap.
Intensiewe skaapboerdery vir beginners: Voedingsbeginsels
Waterbehoeftes vir skape
In die ontwerp van die watervoorsieningstelsel moet voorsiening gemaak word vir ’n reserwe stoorkapasiteit van minstens drie dae. Dit kan selfs langer wees as die boerdery ver van verskaffer-diensnetwerke geleë is.
Algemeen
Onthou dat skape ook stres ervaar, wat sodoende hul weerstand teen siektes kan verlaag. Goed ontwerpte hanteringsfasiliteite, wat die minimum hantering deur mense vereis, behoort gesonder skape met ’n goeie vleisgradering tot gevolg te hê.
’n Volledige Skaaphanteringsfasiliteite-handleiding, wat bogenoemde aspekte en vele meer insluit, is by die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Landbou-ingenieurswese beskikbaar. Vir meer inligting, kontak Elmarie Stoltz by 012 842 4017 of epos stoltze@arc.agric.za.