HomeMagazinesDie hof se bevoegdheid om deliktuele eise te bereg

Die hof se bevoegdheid om deliktuele eise te bereg

-

Estimated reading time: 5 minutes

  • ’n Delik kan omskryf word as die daad van ’n persoon wat op ’n onregmatige manier met opset of weens nalatigheid, skade aan ’n ander persoon berokken.
  • ’n Delik bestaan uit vyf elemente, naamlik ’n handeling, onregmatigheid, skuld (in die vorm van opset of nalatigheid), kousaliteit en skade. Al vyf elemente moet teenwoordig wees voordat die gedrag waaroor gekla word, as ’n delik geklassifiseer kan word en diktuele eise gemaak kan word.
  • Indien een (of meer) van die hierdie elemente ontbreek, sal daar geen sprake van ’n delik wees nie en gevolglik ook geen aanspreeklikheid nie.
  • In die Finbond-saak het ’n plaasbewoner egter van die Grondeisehof verlang om ’n deliktuele eis teen ’n plaaseienaar te besleg.

Die Grondeisehof moes onlangs in die saak van Finbond Mutual Bank vs Magau en Andere (LCC136/2020) [2023] ZALCC 33 (25 Augustus 2023), of die Finbond-saak, oorweeg of die Grondeisehof jurisdiksie het om deliktuele eise te besleg.

’n Delik kan omskryf word as die daad van ’n persoon wat op ’n onregmatige manier met opset of weens nalatigheid, skade aan ’n ander persoon berokken. ’n Delik bestaan uit vyf elemente, naamlik ’n handeling, onregmatigheid, skuld (in die vorm van opset of nalatigheid), kousaliteit en skade. Al vyf elemente moet teenwoordig wees voordat die gedrag waaroor gekla word, as ’n delik geklassifiseer kan word. Indien een (of meer) van die hierdie elemente ontbreek, sal daar geen sprake van ’n delik wees nie en gevolglik ook geen aanspreeklikheid nie.

Die Grondeisehof van Suid-Afrika is in 1996 ingevolge Artikel 22 van die Wet op Herstel van Grondregte, 1994 (Wet 22 van 1994), of die Restitusiewet, in die lewe geroep.

Lees meer oor die gevolge van onwettige uitsetting hier.

Deliktuele eis teen ’n plaaseienaar

In die Finbond-saak het ’n plaasbewoner egter van die Grondeisehof verlang om ’n deliktuele eis teen ’n plaaseienaar te besleg.

In hierdie saak het die derde respondent ’n deliktuele eis teen die applikant ingestel vir die betaling van R1 000 000 vir die aantasting van haar waardigheid, emosionele skok en trauma wat die derde respondent na bewering gely het weens beweerde onreëlmatige aksies wat die applikant teen die respondente van stapel gestuur het.

Die derde respondent het die skadevergoedingseis ingestel in die vorm van ’n teeneis tot die applikant se hoofaansoek vir die afsetting van die plaasbewoners, kragtens die Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, 1997 (Wet 62 van 1997) of ESTA.

Die applikant het aangevoer dat hierdie Grondeisehof nie jurisdiksie het om ’n deliktuele eis op grond van die actio iniuriarumte besleg nie. Die applikant het verder aangevoer dat nie een van die stelle wetgewing ten opsigte waarvan die Grondeisehof eksklusiewe jurisdiksie het, voorsiening maak vir ’n sogenaamde ‘waardedalingseis’ nie.

Die applikant het verder aangevoer dat die teeneis by wyse van aansoek strydig met Reël 23(2) van die reëls van die Grondeisehof is, wat bepaal dat geen eis vir die bepaling van vergoeding by wyse van ’n kennisgewing van mosie gebring mag word nie.

Die hof het nie met die applikant saamgestem nie. Die hof het bevind dat, indien Artikel 14 (3)(e) van die ESTA in ag geneem word, hierdie hof jurisdiksie het om bevele toe te staan vir die betaling van skadevergoeding insluitend, maar nie beperk tot, skadevergoeding vir lyding of ongerief veroorsaak deur die uitsetting en vir koste in omstandighede waar ’n okkupeerder in stryd met ESTA uitgesit is.

Jurisdiksie en status van die hof

Die derde respondent het egter nie op Artikel 14 staatgemaak nie en was daar geen bewering dat die hof ’n bevel toegestaan het wat strydig met die ESTA is nie. Daar was ook nie ’n bewering dat die applikant die respondente uitgevoer of selfs probeer uitsit het op ’n wyse wat strydig met ESTA was nie.

Die hof het voorts die status en jurisdiksie van die Grondeisehof soos volg ontleed:

  • Die Grondeisehof het dieselfde status as ’n hooggeregshof en het siviele jurisdiksie regdeur Suid-Afrika. 
  • Die Grondeisehof het eksklusiewe jurisdiksie om, onder andere, oor die volgende te beslis:
  • Die teruggawe van enige grond in ooreenstemming met die Restitusiewet.
  • Bepaling of goedkeuring van vergoeding betaalbaar ten aansien van die vervreemding of verkryging van sodanige grond.
  • Die bepaling van titel ten aansien van sodanige grond en om te bepaal of die vergoeding wat ten tyde van die besitsontneming van die grond betaal is, reg en billik was.
  • Die bepaling van aangeleenthede ten aansien van die uitleg of toepassing van die Wet op Grondhervorming (Huurarbeiders), 1996 (Wet 3 van 1996) en ESTA.
  • Bepaling van enige ander aangeleentheid wat kragtens die Restitusiewet bepaal moet word.
  • Die bevoegdheid om enige aangeleentheid wat nie gewoonlik binne sy jurisdiksie is nie, maar verband hou met ’n aangeleentheid binne sy jurisdiksie, te beslis indien die hof dit in die belang van geregtigheid ag om dit te doen.

Hofbevinding

Die Grondeisehof het bevind dat, aangesien die derde respondent ’n okkupeerder kragtens ESTA is en aangesien haar afsetting van die plaas deur die Grondeisehof nagestreef word, dit logies volg dat die Grondeisehof oor eksklusiewe jurisdiksie beskik om oor die regshulp wat deur die derde respondent gevorder word, te besleg. Die hof het egter die applikant gelyk gegee dat die derde respondent haar eis by wyse van ’n Kennisgewing van Aksie moes indien op grond van Vorm 8 van Bylae 1.

Vir meer inligting, kontak die outeur by clarissap@mmlaw.co.za of 033 032 0241.

Must Read

Dairy industry benefits from research at Outeniqua Research Farm

Estimated reading time: 2 minutes Western Cape minister of Agriculture, Dr Ivan Meyer, recently visited the Western Cape Department of Agriculture’s Outeniqua Research Farm,...