Estimated reading time: 1 minute
China het die invoer van Suid-Afrikaanse rooivleis tydelik opgeskort ná onlangse uitbrekings van bek-en-klouseer.
Hoe bedreig bek-en-klouseer boerderye se toekoms? Lees meer hier.
Dié land is Suid-Afrika se grootste mark wat die uitvoer van rooivleisprodukte betref. Volgens die Rooivleisbedryfsdienste (RMIS) het China die afgelope jaar 45 782 ton rooivleis ter waarde van R2,9 miljard uit Suid-Afrika ingevoer.
Lees meer hier oor China se verbod op die Suid-Afrikaanse rooivleismark.
Dr Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, het met Lise Roberts hieroor gepraat.
Luister nou na hierdie onderhoud.
Hierdie potgooi word aan jou gebring deur die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie. Besoek gerus hulle hulle webwerf hier.