Vanoggend gesels Lise Roberts met Johan Styger oor die program van vanjaar se LRF Veeskool asook met Calla du Toit van Tru-Cape, en soos gewoonlik vind ons meer uit oor dié week se vleispryse.
LRF Veeskool en die appelbedryf
Die basiese beginsels van ‘n veebesigheid en hoe om dit winsgewind te kry, is die tema van die 17de LRF Veeskool wat weer in Oktober by Aldam aangebied word. In vanoggend se RSG Landbou gesels ons met Johan Styger oor vanjaar se program.
Vir die eerste keer ooit kon die appelbedryf dit regkry om meer as een miljoen kartonne appels in ‘n enkele seisoen uit te voer. Calla du Toit van Tru-Cape praat oor die redes vir dié prestasie.
Terug met die Vleispryse
Dan is Chris Derksen terug met hierdie week se vleispryse.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

