Behou hoë reproduksiesyfers met behulp van prulfout-identifisering

Estimated reading time: 4 minutes

  • Produsente moet weet watter aspekte van veeboerdery uiteindelik tot inkomste bydra. Geldmors is nie ‘n opsie nie. Een aspek is die vroeë identifisering van prulfoute en die gebruik van die beste hulpbronne wat beskikbaar is.
  • Kleinveeboerderye moet vertroud wees met die konsep van voorgeskrewe rasstandaarde ingevolge waarvan elke ras, met hul eie unieke eienskappe, op die plaas bydra tot optimale produksie en reproduksie.
  • Die identifisering van individuele diere se prulfoute dien as ’n groot hulpmiddel om funksioneel onproduktiewe diere uit te skakel, verduidelik Giepie Calldo van BKB.
  • Die proses om prulfoute te identifiseer word gewoonlik deur ’n rasinspekteur of -kenner uitgeoefen.
  • Corné Nel van BKB sê ’n produsent moet altyd in gedagte hou dat toestande van streek tot streek verskil en juis daarom neem die identifisering van prulfoute die graad van intensiteit in ag.

Produsente moet weet watter aspekte van veeboerdery uiteindelik tot inkomste bydra. Geldmors is nie ‘n opsie nie. Een aspek is die vroeë identifisering van prulfoute en die gebruik van die beste hulpbronne wat beskikbaar is.

Kleinveeboerderye moet vertroud wees met die konsep van voorgeskrewe rasstandaarde ingevolge waarvan elke ras, met hul eie unieke eienskappe, op die plaas bydra tot optimale produksie en reproduksie. In lyn hiermee is die identifisering van prulfoute, of funksionele foute, by individuele diere. Hierdie foute lei daartoe dat die diere nie na wense produseer of reproduseer nie, en dus uitgeskot moet word.

“Die identifisering van individuele diere se prulfoute dien as ’n groot hulpmiddel om funksioneel onproduktiewe diere uit te skakel. Terselfdertyd dra dit ook by tot die behoud van ’n betrokke ras deurdat ’n produsent by die bestaande standaarde hou,” verduidelik Giepie Calldo van BKB.

Leer oor ooginfeksies by groot- en kleinvee hier.

Identifiseer vir funksionaliteit

Die proses om prulfoute te identifiseer word gewoonlik deur ’n rasinspekteur of -kenner uitgeoefen. Vir iemand wat goed bekend is met ’n ras se prulfoute, sal dit redelik maklik wees om die meer funksionele diere van die res te onderskei.

Die lys van prulfoute is lank. Algemene voorbeelde daarvan is ’n kort bek wat veroorsaak dat die dier nie behoorlik kan vreet nie, ’n dier wat nie normaal kan loop nie, swak moederseienskappe, asook kleurverskille.

“Prulfoute, ongeag die ras, dui daarop dat ’n dier nie ’n gewenste inkomste vir ’n produsent kan genereer nie. Daarom moet strukturele foute tydig geïdentifiseer word,” sê Cor Uys van OVK. “Prulfoute kan reeds van so vroeg as net na geboorte geïdentifiseer en aangeteken word, sodat die dier na speen uitgeskot kan word om onnodige kostes te vermy.”

Rasstandaarde sluit byvoorbeeld rekordhouding in van ekonomies belangrike eienskappe soos groeivermoë, vagmassa en veselfynheid. By wolskape soos die Merino, Dohne-Merino, Afrino en SA Vleismerino word woleienskappe ook in ag geneem wat lengte, digtheid, kwaliteit, stapel, tip en lywigheid, olie en kleur, asook pens en punte insluit.
Rasstandaarde sluit byvoorbeeld rekordhouding in van ekonomies belangrike eienskappe soos groeivermoë, vagmassa en veselfynheid. By wolskape soos die Merino, Dohne-Merino, Afrino en SA Vleismerino word woleienskappe ook in ag geneem wat lengte, digtheid, kwaliteit, stapel, tip en lywigheid, olie en kleur, asook pens en punte insluit.

Graad van intensiteit

Corné Nel van BKB sê ’n produsent moet altyd in gedagte hou dat toestande van streek tot streek verskil en juis daarom neem die identifisering van prulfoute die graad van intensiteit in ag. “Dit beteken dat ’n mens nie alles voor die voet as ’n prulfout kan identifiseer nie. Dit sal tot gevolg hê dat sommige produsente in verskillende dele van die land benadeel word,” sê hy.

Lees meer oor Tegnologie laat Merino-boer tiek.

Dit is verder nodig om te onthou dat prulfoute altyd subjektief geïdentifiseer word. “Dit is waarom ‘hand-en-oog’-ondervinding of kennis van ’n spesifieke ras so belangrik is. Op die betrokke dag wanneer ’n adviseur ’n keuring of klassering vir ’n veiling doen, tree hy volgens die reëls en regulasies van daardie spesifieke rasgenootskap op.”

Rekordhouding van reproduksie

“Op die ou end is reproduksie die basis van enige kleinveeboerdery,” sê Calldo. “Dit kom daarop neer dat seleksie-differensiaal in die geselekteerde groep meerderwaardig teenoor dié van die ongeselekteerdes is. Om die beste te selekteer, moet die beoordelingslyne of rasstandaarde korrek gevolg word.” – Carin Venter, Veeplaas

Vir meer inligting, kontak Cor Uys by 082 469 7517, Giepie Calldo by 082 772 4541 of Corné Nel by 082 410 8898.

Must read

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 34 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO).Click here for this week's report.How are these...

SA Canegrowers welcomes DBRP adjustment, but says more is needed to close import gap 

Estimated reading time: 3 minutesSA Canegrowers welcomes the decision by the government to adjust the dollar-based reference price (DBRP) for sugar imports. The upward adjustment is critical...

Omgewingsnakomingspraktyke en wetgewing: Wat produsente moet weet

Estimated reading time: 7 minutesOmgewingsnakoming raak toenemend ’n praktiese werklikheid vir produsente, veral waar landbou, mynbou en hernubare energie-ontwikkelings mekaar op dieselfde grondgebied ontmoet....

LandbouRadio: 28 Augustus 2026

In Vrydag, 28 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:Ons skop die program af met 'n kraakvars landbounuusbulletin en weervoorspelling.⁠Dr Danie Odendaal,...

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of getoets word, hou die onoordeelkundige maak of deel van sosiale...