Friday, March 14, 2025

AG Bonsmara-veiling gee die toon aan

Estimated reading time: 3 minutes

Die 32ste AG Bonsmara-veiling van Arthur en Anél de Villiers, het op 10 April op die plaas, Arcadia, in die Vrede-distrik plaasgevind. Die veiling vind elke jaar laat in Maart of vroeg in April plaas. Die rede waarom die veiling so vroeg in die veilingseisoen plaasvind, volgens Arthur, is omdat hulle elke jaar redelik baie vroulike diere aanbied, en dit hulle in staat stel om die koeie direk van die veld af in goeie kondisie aan te bied.

“As ‘n mens in ag neem dat dit tans eintlik ‘n moeilike tyd is, met onsekerhede en ‘n droogte wat tot ‘n week gelede feitlik oor die hele land geheers het, dink ek ons kan baie tevrede wees met die veiling. Gegewe die moeilike omstandighede, dink ek die pryse wat behaal is was eintlik heeltemal bevredigend. Ons is baie dankbaar teenoor ons gereelde kopers wat ons so goed ondersteun het.”

Lees meer oor die onlangse Bonsmara SA Dié Rooi Ras-geleentheid hier.

Goeie gemiddelde pryse

Die gemiddelde prys vir bulle was R77 327,59, met ‘n hoogste prys van R200 000. Die gemiddelde prys vir dragtige koeie was R27 549,02 en vir koeie met kalwers was dit R32 625. Die enkele drie-in-een koei wat aangebied is, is vir R30 000 van die hand gesit. Tabel 1 bevat ‘n opsomming van die pryse wat behaal is.

Tabel 1: Veilingsuitslae, AG Bonsmara-veiling, April 2024.

KlasAantalMaks. (R)Gem. (R)Min. (R)
Bulle58200 00077 32745 000
Dragtige koeie5160 00027 54920 000
Drie-in-een130 00030 00030 000
Koei met kalf848 00032 62526 000

Omdat hulle veiling een van die eerstes in die jaar is, en dus een van die eerste waarvan die pryse ontleed kan word, sê Arthur, word hulle veiling wel tot ‘n mate gebruik om voorspellend aan te dui wat van die res van die jaar se veilings te wagte kan wees.

“As ons na vandag se pryse kyk, lyk dit asof dit dalk ‘n redelike goeie jaar vir die Bonsmarabedryf kan wees. Ons hoop van harte so.”

Kyk Plaas TV se insetsel oor Bonsmara SA se 60ste bestaansjaar hier.

‘n Stewige fondasie

Arthur gee eer aan sy ouers, Arthur en Marie, vir die rol wat hulle oor ‘n leeftyd, van 1958 af, gespeel het om AG Bonsmaras tot stand te bring. Oom Arthur is sowat sewe jaar gelede oorlede, en tannie Marie ‘n maand gelede. Die sukses wat hy vandag behaal, sê Arthur, is gebou op die basis wat hulle gelê het. – Izak Hofmeyr, AgriOrbit

Die doel van ‘n winterlek vir beeste

Estimated reading time: 4 minutes Waar ook al die boerdery geleë is, raak dit weer...

Wolsake by IWTO-rondetafel uitgepluis

Estimated reading time: 4 minutes Die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO) se jaarlikse rondetafel bied ’n platform...

The central role of the Wool Forum and Wool Testing Bureau

Estimated reading time: 4 minutes The continuing struggles of the global economy post 2020 is...

Cutting-edge technology for diagnosing cattle abortions

Estimated reading time: 5 minutes Abortions that occur as a result of pathogen infections lead...