In Woensdag, 26 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder is eerste aan die woord met sy Woensdagwenk, en hy praat oor mastitis.
- Johan gesels met Gernie Botha, hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, oor hernieude pogings tot grondonteiening.
- In ons maandelikse insetsel, By die Plaashek, vertel Pierré Vlok die verhaal van Vaaltyn van die Noordweste.
- In ons maandelikse RPO-vleispraatjies, aan jou gebring deur Beefmaster, deel Gezina Glas van Hartenbos haar beesfillet met spek en avokado-resep met ons.
- Johan gesels met Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van korporatiewe bemarking en kommunikasie by NWK, oor die maatskappy se jaarlikse skoolskoenprojek.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
