In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die onderwerpe wat tydens die Wagyu-wêreldkonferensie bespreek sal word, Sernick-groep se veiling en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.
Wagyu-wêreldkonferensie
Wagyu-vleis is ‘n premium produk, maar wat beteken dit nou eintlik vir die verbruiker, die produsent en die handelsmerk? Tanya Pieterse van die Wagyu-genootskap gesels met ons oor regulatoriese aangeleenthede en protokolle, en deel ook ‘n paar feite oor die gesondheidsvoordele van dié vleis. Dit is ook onderwerpe wat tydens die Wagyu-wêreldkonferensie op 13 en 14 Oktober in die Wes-Kaap bespreek sal word.
Sernick-groep hou veiling
Die Sernick-groep bied op 4 September weer hul veiling aan en Nick Serfontein vertel ons meer.
Nuutste vleispryse en weervooruitsigte
Chris Derksen is terug met nuus oor vleispryse en Johan van den Berg gesels weersake.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
