In Vrydag, 22 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop af met ‘n vars landbounuusbulletin.
- Johan gesels met dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, oor brusellose in beeste.
- HG Human vertel van die Noord-Kaap Veldramprojek en hulle veiling op 27 Mei by die Kenhardt-hotel.
- Naudé Pienaar van Agri Noordwes het tydens Nampo met Christal-Lize Muller van Plaas Media gesels oor die toestand van infrastruktuur in die provinsie.
- Jimmy Roberts, een van die verkopers by die Royal Genetics-produksieveiling, vertel meer oor die drie bokrasse wat onder die hamer kom. Dis die derde veiling van sy soort en word op 29 en 30 Mei deur Brocor aangebied.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
