In Vrydag, 15 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop af met ons propvol landbounuusbulletin.
- Johan gesels met dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, oor die belangrikste veesiektetendense in April en wat ons in Mei te wagte kan wees.
- Gerrit Potgieter, president van die Boran-beestelersgenootskap, gesels oor hierdie beesras asook hulle nasionale veiling wat in Julie plaasvind.
- Christal-Lize Muller van Plaas Media gesels met Murray Deacon van Potchefstroom GPF Landelike Veiligheid oor die voorkoms van veediefstal in hulle omgewing.
Vandag se program word aan jou gebring deur BKB – die betroubare tuiste van landbou.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.