In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor winsgewende beesboerdery, nuwe funksies wat by die Rooivleisbedryfsdienste se naspeurbaarheidsplatform gevoeg is en speenkalfgesondheid.
Winsgewende beesboerdery
Vir ‘n beesboer om winsgewend te wees moet hy homself, sy veld, beeste en besigheid verstaan. Ons het by die afgelope jaarkongres van die Rooivleisprodusente-organisasie Noordwes, met Ockie Olivier hieroor gesels.
RMIS naspeurbaarheidsplatform
Rooivleisbedryfsdienste se naspeurbaarheidsplatform het ‘n klompie nuwe funksies bygekry, wat dit vir die produsent meer prakties en bruikbaar maak. Dr Phillip Oosthuizen verduidelik wat dit behels.
Speenkalfgesondheid
Het jy geweet een van die belangrikste faktore wat ‘n invloed op die groei en gesondheid van kalwers het is stres, veral wanneer hulle gespeen word. Ons het tydens ‘n boeredag op Harrismith by ‘n veekundige, Ashley Grimsell, uitgevind hoe om dit te bestuur.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.