Estimated reading time: 1 minute
Louis Wessels, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, gesels oor die forum se doel en ander belangrike aspekte van veediefstal.
Hy verduidelik dat die forum ‘n oop verhouding met die SAPD en die Nasionale Vervolgingsgesag handhaaf, en dat hierdie samewerking vir hulle van groot waarde is. Volgens hom is hierdie rolspelers gereed en bereid om te help wanneer die forum ondersteuning benodig.
Verder gesels Wessels oor belangrikheid daarvan om veeregisters op datum te hou, te verseker dat jou diere behoorlik gemerk is en die proses om veediefstal aan te meld. Om veediefstal aan te meld, benodig jy ‘n Artikel 6- en Artikel 8-dokument, sowel as ‘n gesondheidsertifikaat.
Klik hier vir meer inligting oor die aanmelding van veediefstal.
Hierdie potgooi word aan jou gebring deur die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie. Besoek gerus hulle webtuiste hier.



